Tot Sy eer.
Search

Klapper Appeltert

Oond 180 gr C. In mengbak: 2 k koekmeel, 2 k klapper, 4 E suiker, 250 gr sagte botter en knippie sout. Vryf botter in droeë bestandele. Druk driekwart van deeg in groot gesmeerde oondvaste tertbak. Draai ander orige deeg in kleefpapier toe en bêre in yskas. Vulsel: Druk 1 groot blik tertappels fyner en roer 1 blik kondensmelk in en 2 eiergele, roer handvol sultanas in. Klits 2 eierwitte styf en vou in mengsel. Skep vulsel op tertdeeg en rasper deeg in yskas bo-oor. Bak 30-40 minute tot goudbruin en gaar. Bedien met room.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos