Klapper Gemmerkoekies

Oond 180 gr C.   Klits saam : 185 gr sagte margarine, 1 en 1/2 k suiker en 1 groot eier.  Voeg by: 2 E fyn appelkooskonfyt en 1 E asyn.   Roer by: 3 k bruismeel, 1/2 t sout, 1 t koeksoda, 1 t kremetart, 1 E fyn gemmer en 1 k klapper.  Maak deeg aan. Laat 1 uur rus. Maak bolletjies, plaas op gevoerde, gesmeerde bakplaat en druk effe plat met palm van hand.   Bak 20-25 tot gaar.   Koel af op draadrakkie.  Pak in lugdigte blik.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos