Klapper Mariekoekies Blokkies

Roer in groot kastrol: 250 gr margarine en 500 gr versiersuiker, Roer tot gesmelt. Roer 50 ml kakaopoeier, 125 ml hawermout en 250 ml klapper by. Haal van stoof af en roer 2 geklitste eiers by en ook 1 t vanillageursel, Breek 1 pak Mariekoekies fyner en roer deur.  Skep in gesmeerde plat bak. Maak gelyk bo-op,  Plaas in yskas tot hard. Sny in blokkies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos