Klapper Oats Koekies

Oond 200 gr C.  Smelt saam in kasrol; 30 ml stroop, 375 ml suiker en 375 ml margarine. Koel effe af en roer  2 t koeksoda by. Klits 1 eier en roer by. Voeg 500 ml rou oats, 500 ml klapper, 500 ml koekmeel, halwe t sout en halwe k korente by . Maak deeg aan en rol balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat. druk effe platter en bak tot gaar en goudbruin. Koel op draad rakkie af.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos