Klapper Post Toastie Koekies

Oond 180 gr C.   Smelt 250 ml margarine oor lae hitte.  Haal van stoof en roer 280 ml geelsuiker by. Roer goed. Voeg 1 geklitste eier en 1 t vanillageursel by.  Sif 600 ml bruismeel en 1/4 t sout. Voeg 250 ml klapper by en roer deur. Voeg by margarinemengsel en maak aan tot deeg.  Rol okkerneut groote bolletjies en rol in fyngerolde Post toasties. Plaas op gesmeerde bakplaat en druk effe platter met hand. Bak 15-20 minute tot strooikleurig. Laat effe afkoel op plaat en plaas op afkoelrakkie.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos