Tot Sy eer.
Search

Klein Grenadellakaaskoekies

Bestandele:

4 gemmerkoekies, verkrummel

koppie suiker

1x 250 g – houer gladde maaskaas

1 x 250 g – houer roomkaas

2 eiers

2 eetlepels suurlemoensap

koppie vars grenadellapulp

 

Metode:

  1. Verdeel die gemmerkoekiekrummels tussen 4 ramekinbakkies. ( Jy kan ook 4 koppies gebruik.)
  2. Klits die suiker, maas- en roomkaas, eiers en suurlemoensap saam tot glad en goed gemeng.
  3. Roer die grenadellapulp by.
  4. Verdeel die mengsel tussen die vier bakkies en plaas in ‘n oondbak met kookwater wat tot  teen die bakkies opkom en bak in ‘n voorverhitte oond van 180 vir ongeveer 15 minute of tot gestol.

Wenk:

As jy wil, kan jy bokant van die kaaskoekies met ‘n bietjie vars grenadellapulp versier.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos