Klop en Bak Botterkoek vir Ystervarkies

Oond 180 gr C.  Voer en smeer oondpan.  In mengbak: 230 gr sagte margarine, 3 k koekmeel, 2 t bakpoeier, 4 groot eiers, 1 en halwe k suiker, halwe t sout, 2 t vanilla geursel en 250 ml melk. Klits alles saam en skep in oondpan. Bak vir 30-40 minute tot gaar. Laat afkoel op afkoelrakkie. Sny in blokke en plaas op skinkbord. Bedek met kleefplastiek en plaas oornag in vrieskas.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos