Tot Sy eer.
Search

Koejawelglase [foto geleen]

1 blik (40g) koejawels, 1 blik (380g) kondensmelk, 80ml (derde) suurlemoensap, 100g wit sjokolade,grof gerasper.

Knip die koejawelstukke kleiner met ‘n skêr. Skep dit saam met die koejawelstroop in vier glase. Klits die kondensmelk en suurlemoensap sowat 5 minute of tot dit begin verdik. Skep dit bo-op die koejawels en laat staan sowat 1uur of tot stewig in die yskas. Sprinkle die gerasperde sjokolade oor net voor opdiening.

Wenk:

Pleks van koejawels kan jy ingelegde perskes gebruik. Vars seisoenvrugte werk net so lekker. Diè poeding kan twee tot drie dae in die yskas staan.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos