Koffie koekies

Oond 190 gr C.   Vryf  500 gr sagte botter in 8 k koekmeel. Voeg 2 k suiker by en 1 t sout. Meng 1 k appelkooskonfyt met 1 E koffie korrels met 1 E kookwater gemeng, en 2 t koeksoda en 2 t vanilla essens. Meng nat bestandele met droë bestandele. Laat deeg 2 ure staan. Gebruik koekie maker of rol bolletjies en plaas op gesmeerde bakplaat. Bak 15-20 minute tot gaar. Maal vulsel: 200 gr sagte botter, 500 gr versiersuiker, 25 ml sterk koffie en 1 t vanilla geursel. Klits goed deur en smeer tussen afgekoelde koekies

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos