Tot Sy eer.
Search

Koffie Sjokolade koek

Oond 180 gr C.  Smeer en voer 2 ronde koekpanne.   Sif saam in mengbak: 500 ml koekmeel, 200 ml kakaopoeier, halwe t sout, 4 t bakpoeier. Voeg 500 ml suiker by. Klits saam in groot beker: 2 groot eiers, 250 ml karringmelk, 250 ml sonneblom of canola olie 1 t vanilla geursel en 250 ml sterk, swart koffie. Klits 2 mengsels saam en skep in 2 koekpanne. Bak  vir 30-35 minute tot gaar. Koel af en versier soos verkies.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos