Koffie Tert

Maak kors van 1 pakkie Romany Creams, rol fyn of maak fyn in voedselverwerker en meng met 70 gr gesmelte margarine. Druk vas in tertbak en ook langs kante. Plaas in yskas en maak vulsel, Vulsel: Klits 190 gr versiersuiker en 125 gr sagte margarine tot donsig. Smelt 50 gr sjokolade en roer by mengsel. Voeg 3 t goeie kitskoffie-poeier in 3 t warm water en roer by. Klits 250 ml room styf en vou by mengsel in. Skep in tertkors en plaas in yskas tot gestol. Versier met sjokolade frummels, soos flake of gerasperde sjokolade.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos