Tot Sy eer.
Search

Koffie-Uie Varktjops

Oond 150 gr C. Keep rante van 8 varktjops in.  Rol in gegeurde meel  en bak bruin in bietjie olie.  Pak in oondpan. Braai 3 groot uie in dieselfde pan. Los 1 opgehoopte koffiepoeier op in 1 k kookwater. Gooi by ui in pan en 1/4 k asyn. Roer 1/4 k gouestroop by en maak 3 t bruin souspoeier aan met bietjie koue water en roer ook by sous in pan. Laat net opkook en gooi oor varktjops, Sit tinfoelie oor en bak vir 1 uur. Haal foelie af en bak verder tot sag en gaar. Bedien met kapokaartappels en groente.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos