Koffie Varktjops

Oond 180 gr C. Rol 8 varktjops in gegeurde koekmeel. Bak tjops in olie tot goudbruin en pak in oondskottel. Braai 2 gekapte uie en braai tot sag, nie bruin. Los 4 t sterk koffiepoeier op in 1 k kookwater en gooi versigtig by uie, volg dan met kwart k asyn en halwse k gouestroop en 2 t Bisto poeier, aangemaak met bietjie water. Kook deur en gooi bo-oor varktjops. Sit deksel of foelie bo-op bak en bak vir 1 uur tot sous verdik. Bedien met kapokaartappel en groente.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos