Kondensmelk Beskuit

Oond 180 gr C.    In mengbak: 1 kg bruismeel, 2 t bakpoeier, 1t sout, 80 ml suiker en 1 k klapper. Vryf 250 gr sagte margarine in. Voeg vlg nat bestandele by: 300 ml karringmelk, 1 blik kondensmelk en 2 geklitste eiers, meng deur en voeg by droë bestandele, maak aan met hande tot sagte deeg. Maak bolltejies so groot soos gholfballe en pak teen mekaar in gesmeerde oondpan. Bak vir 45 -50 minute tot goudbruin en gaar. Keer uit en koel 10 minute af. Draai oond op 75 gr C. Breek bolletjies deur en pak in pan. Droog uit, as droog, draai oond af en laat afkoel in oond.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos