Tot Sy eer.
Search

Kondensmelk-Gebakte Poeding

Oond: 180 gr C.    Sif saam: 1 1/2 k bruismeel 1/2 t koeksoda en 1/4 t sout.    Klits saam: 5 eiers, 1 t vanilla essens en 1 k suiker, vir 3 minute, tot lig en romerig. Vou meel geleidelik by eiermengsel in met metaallepel. Vou dan 1/2 k gesmelte margarine in en ook 2 t asyn. Skep mengsel in diep gesmeerde oondbak. Bak vir 30-40- minute tot gaar.  Terwyl poeding bak, meng saam: 1 blikkie kondensmelk, 1 k gewone melk en halwe k water.  Haal poeding uit oond en steek gate in. Gooi melk-sous bo-oor. Bedien met vla of roomys.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos