Kondensmelk Kaaskoek

Rol 2 pakkies  nutty crust koekies fyner en meng met 4 E gesmelte botter. Druk vas in losboompan en ook langs kante.  Klits 250 ml room styf en voeg 1 blik kondensmelk by terwyl jy klits, ook 1 houer  gladde maaskaas, 100 ml suurlemoensap en knippie sout. Skep in kors en bak vir 10 minute by 180 gr C.  Skakel oond af en laat in oond vir 15 minute. Haal uit en koel heeltemal af in yskas.   Bedien met vrugte, soos bessies, aarbeie, ingelegde perskes, appelkosies…0f vars geklopte room..

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos