Kondensmelk Kersie-Broodjie

Oond 180 gr C.    Klits saam:  200 gr sagte botter, 2 groot eiers en 1 t vanillageursel.  Sif saam: 625 ml bruismeel en 2 ml sout. Voeg 100 gr rooi kersies by meel en meng deur.  Klits 250 ml karringmelk en 1 blikkie kondensmelk saam.  Roer al drie mengsels bymekaar.  Skep in gevoerde, gesmeerde broodpan. Bak 45-55 minute tot gaar.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos