Kondensmelk-Melktert

Maak kors van 1 pakkie tenniskoekies, effe fyner gerol en meng met 2 E gesmelte margarine. Hou 2 E droë krummels uit. Druk vas in tertbak.    Vulsel: In kastrol: 1 blikkie kondensmelk, 2 blikkies water, knippie sout en 1 E botter. Bring tot kookpunt. In beker: 3 hoogvol E maizena, 3 eiergele  en 2 t vanillageursel en halwe k melk. Klits deur en voeg by kokende melkmengsel terwyl met draadklitser roer. Kook 1 minuut terwyl jy roer. Haal van stoof af en vou 3 geklitste eierwitte by. Skep in koekiekors. Maak gelyk bo-op en sprinkel gespaarde koekiekrummels oor. Sprinkel effe met fyn kaneel. Eet lou-warm. of koud.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos