Kondensmelk Melktert

Maak beskuitjiekors met 1 pakkie, fyner gerolde Tenniskoekies en 3 E gesmelte botter. Druk vas in tertbak.       Melktertvulsel;  In kastrol: 1 blikkie kondensmelk, 2 blikkies water, 1/2 t sout en 1 E botter. Bring tot kookpunt.    Klits bymekaar in beker: 2 eiergele, 3 E maizena, 5 ml vanillageursel en bietjie water.  Roer versigtig by melkmengsel met draadklitser. Roer aanhoudend om klonte te voorkom. Trek van stoof af. Klits 2 eierwitte styf en vou by pap-mengsel in,. Skep in bak met kors. Sprinkel fyn kaneel oor.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos