Tot Sy eer.
Search

Kondensmelk-Suurlemoen Tert

Maak dik vla van 3 k melk, 1E suiker en 2 E vlapoeier. Koel af. Meng 1 blikkie kondensmelk met kwart k suurlemoensap, bietjie meer as jy van suurder hou.  Pak tenniskoekies onder-in ‘n medium tertbak. Skep helfte van kondensmelk bo-op koekies, dan helfte van die vla. Pak weer ‘n laag koekies en herhaal met kondensmelk en laaste vla. Druk koekies fyn en gooi bo-oor. Plaas in yskas tot bedien.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos