Kondensmelk Tert/Poeding

Oond 180 gr C.    Klits 4 eiers baie goed tot liggeel en skuimerig. Voeg 1 blik kondensmelk en 250 ml dik karringmelk of plein yogurt by.  Klits deur. Voeg  200 ml bruismeel, 1/4 t sout en 80 ml gesmelte botter, en ook 1 t vanillageursel by.  Klits goed deur. Beslag is loperig.  Gooi beslag in gesmeerde medium tert/oondbak.   Bak 35 minute, draai oond af en laat nog vir 10 minute in oond.  Bedien tert louwarm en as poeding warm.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos