Tot Sy eer.
Search

Konfyt Skywe

Oond 180 gr C.    Klits saam: 100 gr sagte margarine, 125 ml suiker, 25 ml kookolie, 1 eier en 5 ml vanillageursel.  Sif saam: 2 k koekmeel, 1/2 t sout en 3 t bakpoeier.  Meng met margarine-mengsel tot hanteerbare deeg.  Deel deeg in twee, plaas in plastieksakkies in yskas vir 10 minute.  Smeer ‘n bakplaat en rasper een deel deeg op plaat. Druk bymekaar met jou hande, smeer dik appelkoos/aarbei konfyt. Rasper vlg deel bo-oor.  Bak vir 35-40 minute tot strooikleurig en gaar.  Sny in blokkies. Koel af en skep uit met eierspaan.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos