Kookmelk Sponskoek

Oond 180 gr C.   Kook 250 ml melk en voeg 30 ml sonneblom/canola olie by.  Klits saam: 360 ml suiker, 4 ekstra groot eiers en 1 t vanillageursel.  Sif 500 ml koekmeel, 15 ml bakpoeier en 2 ml sout saam. Vou by eiermengsel in. Vou melkmengsel stadig by. Skep in 2 gevoerde, gesmeerde koekpanne. Bak  vir 30 minute tot gaar.  Versier met room en aarbeikonfyt of soos verkies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos