Kool en Bacon Gereg

Braai 1 pakkie baconstukkies, 1 gekapte ui en 1 pakkie sampioene tot sag.

Snipper ‘n 1/4 kopkool en kook in soutwater tot sag en dreineer.
Roer by mekaar. Skep in oondbak.
Klits 3 eiers, 3 E bruismeel, 1 k melk en sout en peper na smaak en gooi bo-oor.
 Sprinkel gerasperde kaas bo-oor.
Bak vir 30-35 minute tot mooi bruin.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos