Tot Sy eer.
Search

Kool- en spekgebak

Bestandele:

  • 1 Ferm koolkop
  • 2 pakke swoerdlose repiesspek (250 g elk)
  • Swartpeper

Metode:

Sit die koolkop met die stronk na onder op `n broodplank en sny dit in skywe van sowat 1cm dik. Pak `n laag spek gevolg deur `n koolskyf in `n diep, vuurvaste pot. Maal lekker baie swartpeper oor elke laag. Doen so voort tot die pot mooi vol is. Trek `n stuk foelie oor die pot en sit dit op `n gasstofie. Loer ná  ‘n uur of die kool al ‘n goudgroen kleur het en gaar ruik. Die spek behoort sag en sappig maar gaar te wees.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos