Tot Sy eer.
Search

Kooldis

1 groot koolkop in repies gesny rooi kool is ook baie lekker (dis nou gereeld in die winkel), 3 uie, olie van jou keuse bir braai, 1 blik boeliebeef fyngedruk gebruik jou diskressie as jou koolkop baie groot is. 1 koppie blatjang, Bietjie ertjies die klein pakkie bevrore ertjies.Sout en peper na smaak, ¼ t  neut.Metode:  Braai uie en kool in ietjie olie tot amper gaar.Voeg boeliebeef en blatjang, sout en per by, roer en laat vir 5min liggies prut.Gooi ertjies by vir kleur.Die wat hou van witsous kan nou dit in ;n glasbak gooi en met witsous plus minus 1 ½ kop.En handvol gerasperde kaas oor.Druk in oond by 180g C tot kaas gesmelt is, of bedien dit uit die pan met rys of kappok aartappels.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos