Korslose Melktert

Oond 180 gr C.  Smeer diep tertbak. Klits saam: 4 eiergele, 1 k suiker en 60 gr gesmelte botter, tot romerig. Sif 1 k koekmeel, 1 t bakpoeier en kwart t sout. Klits by eiermengsel Voeg 2 k gewone melk en 2 k karringmelk en 2 t vanilla geursel by. Klits liggies saam. Klits 4 eierwitte styf en vou by beslag in. Gooi versigtig in tertbek, strooi kaneelsuiker oor. Bak vir 45 minute tot gestol. Jy kan ook twee kleiner terte maak.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos