Korslose melktert

Oond 180 gr C.    Sif saam: 1 k meel, 1 t bakpoeier en knippie sout, voeg 1 k suiker by.  Klits saam in mengbak: 4 k melk, geel van 3 eiers en 2 E gesmelte botter. Roer droë bestandele by en ook 1 t Vanilla geursel. Klits liggies deur en klits dan die 3 eierwitte styf en vou saggies in by deegmengsel. Skep in diep tertbak en bak vir 30-35 minute tot gaar. Die tert moet nog nie heeltemal gestol in middel wees nie.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos