Korslose Melktert

Oond: 180 gr C.    Klits saam: 4 eiergele, 250 ml suiker en 60 gr sagte botter, tot romerig.  Sif  250 ml koekmeel, 5 ml bakpoeier en knippie sout. Klits by eiermengsel. Voeg 4 k melk en 5 ml vanillageursel by. Klits saggies tot gemeng. Klits 4 eierwitte styf, nie droog, en vou by mengsel in. Mengsel is dun.  Gooi in groot gesmeerde bakskottel of 2 tertbakke. Sprinkel fyn kaneel bo-oor en bak vir 40-45 minute tot goudbruin.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos