Korslose Melktert

Oond 180 gr C.  Smeer twee blikborde of tertbakke soortgelyke grootte met margarine.  Klits goed saam: 4 eiergele, 250 ml suiker, en 60 gr gesmelte botter.  Sif 250 ml bruismeel en 1/4 t sout saam, klits dit dan by eiergeelmengsel. Voeg 1 l melk en 1 t vanillageursel by en klits saam op stadige spoed tot gemeng.  Klits 4 eierwitte styf en vou met metaallepel by mengsel.Mengsel is dun. Gooi in tertborde en strooi kaneelsuiker oor.  Bak vir 40-45 minute…

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos