Korslose Tuna Souttert

Oond 180 gr C.      Gooi in ‘n mengbak: 135 ml bruismeel, 125 ml gaar bacon stukkies, of gaar ham, 250 ml gerasperde cheddar kaas, 2 blikkies, gedreineerde tuna, 2 groot, geklitste  eiers, 375 ml melk, 1 gerasperde ui en 1 t visspeserye. Meng deur met ‘n lepel en skep in ‘n gesmeerde tertbak. Bak vir 40-50 minute tot gestol en gaar.  Koel effe af en bedien met slaai.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos