Koshuispoeding.

Oond 180 gr C. Stroop: Kook 250 ml water, 125 ml suiker, 25 ml asyn en knippie sout saam. Gooi sous in diep oondbak,. Deeg: Vryf 60 ml botter in 450 ml bruismeel, knippie sout, half t gemmer, half t kaneel. Gooi 125 ml suiker by en klits 1 groot eier en voeg ook by. Los 1 t koeksoda op in 120 ml melk en roer by. Roer deeglik. Skep in sous en bak vir 30 minute tot gaar. Bedien met baie vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos