Krummel Hoender

Meng krummel mengsel in plat bak: 125 ml koekmeel, 2 t sout, 4 t hoender aftrekselpoeier, 125 ml droë broodkrummels. kwart t kerriepoeier en kwart t paprika.     Stel oond op 180 gr C. Spuit of smeer oondbak. Klits 2 eiers en neem 8 hoender stukkies en doop in eier en dan in krummelmengsel. Pak in oondbak en bedek met tinfoelie. Bak vir 40 minute en haal tinfoelie af, sprinkel 2 E canola of sonneblom olie bo-oor hoender, bak verder oop vir 20 minute tot bros en bruin. Sit voor met kapokaartappels en groente van jou keuse.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos