Lamsboud met Koffie

Vryf een lamsboud in met volgende mengsel: Meng saam: 3 gekapte knoffelhuisies, 1 gekapte ui, 1klein rissie, gekap, 1 t gekapte roosmaryn 2 E appelkooskonfyt, 2 t sout en 100 ml sterk swart koffie. Laat staan vir 30 minute. Plaas in oondbak, gooi marinade oor en bak vir 2-3 ure by 150 gr C in oond. Haal boud uit en gooi sous deur sif, roer 2 E room by en bedien met gebakte aartappels en groente na smaak.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos