Lekker Gebakte Kaaskoek

Oond 180 gr C. Maak kors van 1 pk Tenniskoekies, fyngerol, gemeng met 4 E gesmelte margarine. Druk vas in losboompan, bak vir 10 min, koel af. Skakel oond op 230 gr C. Vulsel: Meng saam 900 gr roomkaas, donsig geklop, 1 k suiker, 3 E koekmeel, 3 eiers en 1 eiergeel, knippie sout, klits deur, voeg dan by: 1 k suurroom, 2 t vanillageursel. Klits saam. Skep in pan, bo-op kors. Bak vir 10 min en skakel oond af na 110 gr C. Bak verdere 30 min. Skakel oond af en maak oond deur oop. Laat staan so vir 2 ure. Haal uit en gooi vlg mengsel bo-oor. Klits saam : 1 k suurroom, 1 E versiersuiker, 1 E suurlemoensap en knippie sout. Sit in yskas, oornag. Haal uit pan vir opdien en bedien met vars gesnyde vrugte

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos