Lekker plat hoender

Oond; 200 gr C.  Sny hoender ruglangs oop en druk plat. Meng vlg en smeer oor hoender: sap en skil van 1 suurlemoen, sout na smaak, 2 E olyfolie en 1 E mosterdpoeier. Plaas in oondbak en bak vir 20 minute, draai oond af na 180 gr C.  Meng 2 E mayonaise, 2 E heelkorrel mosterd en 2 E gekapte pietersielie. Smeer oor hoender en bak verder vir 45 – 50 minute tot gaar en bros. Bedien met slaai en groente van jou keuse.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos