Lekker Sous-Hoender

Pak 15 hoenderstukke in oondbak.Sprinkel met hoenderspeserye en sout, ook 2 t fyn knoffel en 1 gekapte ui.   Meng bestandele vir sous: 175 ml plein jogurt, 250 ml mayonaise, 50 ml bruin suiker, 75 ml tamatiesous, 10 ml worcestersous, 100 ml blatjang, paar druppels tobascosous, as verkies.  Gooi bo-oor hoender. Bedek met tinfoelie, Bak vir 1 uur by 180 gr C.  Haal tinfoelie af en bak verder vir 45 minute.   Bedien op rys of kapokaartappels.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos