Lekkerste Sjokoladekoek

Oond 180 gr C. Kook saam: 1 k melk en 6 E kookolie. Koel af. Klits saam: 6 groot eiers en 2 k suiker en 2 t vanilla tot donsig. Sif saam: 2 k koekmeel, 4 t bakpoeier, kwart t sout en 2 hoogvol E kakaopoeier. Vou meelmengsel om beurt met melkmengsel by eiermengsel. Skep in gevoerde, gesmeerde oondpan vir plaatkoek of in 2 ronde koekpanne. Bak vir 30 minute tot gaar. Koel af op draadrakkie en versier soos verkies

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos