Lemoen Broodjie

Oond 180 gr C. Klits saam in mengbak: 175 ml suiker, 1 en halwe E sagte botter, 2 eiers, voeg 100 ml melk, 175 ml lemoensap, 2 t fyn gerasperde lemoenskil, 650 ml bruismeel en 1 t sout by. Klits saam op matige spoed. Skep in uitgevoerde, gesmeerde broodpannetjie. Bak 45-50 minute tot gaar. Koel effe af in pan. Keer uit op afkoel rakkie. Geniet in snye saam met tee.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos