Lemoen Hoender-Kerrie

Oond 180 gr C.    Braai 16 hoenderstukke in bietjie olie tot goudbruin.  Pak in oondbak en sprinkel met hoenderspesserye en sout.   Meng vlg sous:  350 ml lemoensap, 1/2 k blatjang,  30 ml appelkooskonfyt,10 ml medium kerriepoeier, 5 ml borriepoeier, 1/2 t fyn gemmer en 2 t maizena.   Roer alle klonte uit en gooi bo-oor hoender. Bedek met tinfoelie en bak vir 60-80 minute tot gaar. Haal foelie af en bak verder vir 15 minute. Bedien met rys of brood.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos