Lemoenbroodjie

Oond 180 gr C

Klits saam in mengbak: 175 ml suiker, 1 en ‘n halwe E sagte margarine en 2 eiers. Voeg 100 ml melk by en klits stadig tot gemeng. Roer dan 175 ml lemoensap, 1 t lemoengeursel, 2 t fyn gerasperde lemoenskil, 650 ml bruismeel en 1 t sout by.
Klits op matige spoed tot alles net gemeng is.
Skep in gevoerde, gesmeerde medium broodpan.
Bak vir 45-60 minute tot gaar.
Koel effe af in pan en keer versigtig op draadrakkie uit.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos