Lemoensous vir Pannekoek. (Crepe Suzettes)

Bak pannekoeke redelik dun.. Maak vlg sous: Gooi in kastrol: sap van 2 lemoene, 2 E botter, 1 k suiker, halwe t fyn kaneel, kwart t sout. Kook deur. Voeg ‘n derde k brandewyn en twee E soetwyn by. Kook weer deur. Skep van sous oor oop pannekoeke en vou in driehoeke, pak in borde en gooi res van sous oor.   Bedien met roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos