Lemoen/Suurlemoenkonfyt

Sny lemoene/suurlemoene of albei,  in snippers.  Neem 3 koppies snippers en 11 k kookwater en kook in konfytkastrol tot snippers sag is.  Voeg 1,5 kg witsuiker en 1/2 t sout by en ook nog 1 k kookwater.  Roer tot suiker opgelos het. Laat vinnig kook.  Toets vir regte tekstuur:  Skep warm konfyt op ‘n koue piering. As die konfyt plooitjies maak as jy die piering skuis draai, is dit reg. Skep in gesteriliseerde botteltjies en draai toe.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos