Lemon Curd Tertjies

Lemon curd: Smelt 125 gr botter oor lae hitte, klits sap en fyn gerasperde skil van 4 suurlemoene, 5 groot eiergele en 1 k suiker saam in ‘n beker. Voeg stadig by botter terwyl jy met draadklitser roer. Kook saggies, roer aanhoudend, vir 10 minute tot dik. Laat eenkant afkoel.    Maak meringue van 5 eierwitte wat jy styg klop met 1 t kremetart en knippie sout, skep halwe k strooisuiker lepel vir lepel by terwyl jy klits. Klits tot stywe punte vorm.  Skakel oond op 200 gr C.  Neem 6 gaar broskors tertdoppies en plaas op bakplaat, skep lemon curd in en bedek met meringe. Bak vir 8-10 minute tot meringue goudbruin verkleur.   Koel af en bedien.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos