Lemonade

Rasper 4 suurlemoene se skil op fynkant van rasper en gooi in ‘n kastrol saam met 4 k suurlemoensap, kwart t sout en 4 k suiker.  Roer oor matige hitte met houtlepel tot suiker gesmelt is. Moenie kook nie. Koel af en gooi in bottels en bêre in yskas. Gebruik 1 deel stroop met 6 dele yskoue water. of sodawater. Bedien in glase met ysblokkies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos