Lensie en Klappermelk Sop

Week 1/2 pakkie [250 gr]  bruin lensies in kookwater vir 1 uur.    Braai 1 gekapte ui, 2 gekapte knoffelhuisies in bietjie olie.  Dreineer lensies en roer by. Voeg 1 l groente/hoender afttreksel en 2 gerasperde wortels by. Kook saggies vir 20 minute.  Voeg 1 blik tamatie en uie-smoor by en ook 1 blik ‘lite’ klappermelk. Kook goed deur.  geur met sout en peper na smaak. druk van die groente en lensies fyner met aartappeldrukker.  Bedien met growwe brood en botter.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos