Lewerkoekies

Maal 500 gr skoongemaakte lewer. Rasper 1 klein ui en meng met 1 gekaote tamatie, 1 k droë broodkrummels, 1 E gekapte vars, of droë pietersielie, 1 E asyn, 1 E worcestersous, 1 t bakpoeier, 2 eiers en sout en peper. Meng goed met lewer. As te slap, voeg ‘n eetlepel of twee bruismeel by. Skep lepels-vol in vlak, medium warm olie. Braai tot gaar, alkant. Pasop vir te droog braai. Bedien met mash, ertjies en slaai

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos