Lewerkoekies

Maal 500 g skoongemaakte lewer. Rasper 1 ui by. Meng met: 1 gekapte tamatie, 1 k broodkrummels, 1 E gekapte vars pietersielie of 1 t droë pietersielie, 1 E asyn, 1/2 E worcestersous, 1 t bakpoeier, 2 eiers en sout en peper na smaak. Meng goed deur.As te slap voeg 1-2 E bruismeel by. Laat staan vir 10 minute. Skep lepels-vol in vlak, medium-warm olie. Braai tot net gaar. Pasop vir te droog. Dreineer op kombuispapier.

Bedien met mash, ertjies en mengelsaai.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos