Lewerkoekies

Maal 500 gr lewer en voeg vlg bestandele by: 1 k volkoring meel, kwart k warm water, 2 E asyn, 2 E worcestersous, 1 gekapte ui, 1 t bakpoeier, 1 t sout en peper na smaak. Jy kan ook gekapte groen soetrissie byvoeg. Meng alles saam. Bak eetlepels vol in vlak olie. Olie moenie te warm wees, en moenie te droog bak nie… Bedien met kapokaartappels en ertjies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos