Ligte Vrugtebroodjie

Oond 150 gr C.   300 gr gemengde vrugtekoek mengsel, Meng saam: 100 gr gekapte cherries, 100 gr gekapte maketaanstukkies en 100 gr gekapte groenvye. Gooi 80 ml soetwyn oor en laat staan vir 15 minute.   Klits 3 eiers en125 ml suiker en 1 t lemoen essens saam.  Roer 375 ml bruismeel en 1/4 t sout by.  Roer vrugte by en skep in gevoerde, gesmeerde medium broodpan.   Bak vir 50 minute tot gaar. Toets met toetspen. Haal uit oond en gooi 1 E brandewyn oor. Laat in pan vir 10 minute.Keer uit en laat afkoel.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos